VAN BOTHASIG TOT KRUGERWILDTUIN EN TERUG

February 14, 2012 - Bothasig, South Africa

 

Hierdie jaar het ons vroeer met die beplanning en pakkery vir ons 
vakansie begin. Dit is elke jaar n rondhardlopery 
om alles in orde te kry. Aangesien ons kamp met n boswa - wanneer ons ver van 
die huis af toer - en op ander tye met die woonwa, is van die toerusting in die
 woonwa en die boswa moet van vooraf gepak word.  Vanaf beddegoed tot kombuisware. 
En bo dit alles, moet ek ook toesien dat die koskaste by die huis ook gevul is, 
vir ons  'n huisoppassers en hondeoppassers.  Hopelik oorleef die visse dit 
hierdie keer, want by ons terugkeer met verlede jaar se vakansie, was al 5 
visse "oorlede".  Die swembadbenodighede en die nodige kosaankope en 
hondekosannkope vir die 2 Jack Russels en hul oppassers is dus  vroegtydig 
gedoen en dit skakel die laaste minuut se rondhardlopery uit.  Ek het tot 
3 nuwe afrikaanse musiek CD's gaan koop vir die langpad. Ek sien regtig 
nie meer kans om na dieselfde CD's wat oor en oor en oor in die bakkie 
gespeel word, te luister nie.                          

Pictures

Picture 092
 
 
Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login