Donderdag 16 Februarie

February 16, 2012 - Bothasig, South Africa

Ek sien dat Jack en Jill weet dat oubaas en ounooi vir n tydjie weggaan.  Hulle lek nie nou net hulle pote nie, maar dit bly sommer nou permanent in hulle monde.  Ek weet dat ons weer hopeloos te veel klere inpak.  Dit is mos vir die "net vir as ons" of dalk is die ware rede dat ons nie op al ons vakansie fotos in ons "tradisionele vakansieklere" moet wees nie.  Van ons vorige vakansiefotos lyk dit soms of ons net 3 stelle klere het.  Nog net 2 slapies dan vertrek ons.  Ons eerste oornagstop is by Beaufort-Wes.


Pictures

Jack
 
 
Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login