Beaufort-Wes tot Kimberley 20 Feb

February 20, 2012 - Ritchie, South Africa

Ons het besluit om eerder deur Kimberley as Bloemfontein te ry soos wat ons beplan het. Kampbure by Karoo Nasionale Park het gese die Kimberley pad is 'n baie beter opsie. Koos het eers vanoggend 'n tandarts gaan besoek op Beaufort-Wes. Hy het 'n abses in sy tand en die tandarts het 'n kursus antibiotieka voorgeskryf. Ons sal verder langs die pad weer 'n tandarts moet besoek vir herstelwerk aan die tand. Ons oornag vannag by Riverside in Richie. Richie is 'n piepklein dorpie net voor Kimberley. Dit is so klein,tog verskyn dit op die padkaart. Dit het gestormreen toe ons so ongeveer half 3 hier stop. Dit het gelukkig opgehou en kon ons tent opslaan vir die nag. Dit reen nou liggies en donderweer kwaai


Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login