23 - 25 Feb - Sun City, Pilansberg, Valley of the

February 25, 2012 - Sun City, South Africa

23 Feb. Vandag het ons heeldag by Sun City gespandeer. In die begin was ons 'n bietjie verlore in die Lost City, maar het gou ons rigting baasgeraak. Ons het by albei casinos gedobbel en groot was ons verbasing om te sien hoe goedkoop die bier was. Amstel was R8-oo en Hunters Dry was R12-00. Goedkoper as daai gaan jy nie sommer maklik kry nie. Sowat 'n maand terug het ons R22-00 vir 'n Hunters by Eden on the Bay by Bloubergstrand betaal!!!!

24 Feb. Ons was heeldag in die Pilansberg Wildreservaat. Die geluk was aan ons kant want ons het baie diere gesien. Renosters, olifante, zebras, seekoeie, kameelperde en bokke. Dit is naweek en die karavaanpark is vol naweek kampers. Die mense in die noorde het defnitief n ander kultuur as die mense in die Kaap. Hier in die noorde is die mense elkeen vir homself. Daar heers nie dieselfde jovialiteit by hierdie mense as by die Kapenaars nie. Dit voel meer soos n begrafplaas as n kampterrein. Tot binne die ablusieblok is dit doodstil (behalwe die water wat gehoor word in die storte). In die Kaap knoop kampbure 'n geselsie met mekaar aan, maar hier gee almal vir almal 'n ignorance. So snaaks!!! Ek voel skoon soos 'n vis uit die water uit.

25 Feb. Ons was vandag by Valley of the Waves by Sun City. Daar was baie mense, maar nogtans het ons die dag baie geniet. Eers het ons ontbyt by die Wimpie, bietjie geld verloor in die Casino en die res van die dag gewave.


Pictures

IMG_4592
IMG_4595
IMG_4607
IMG_4616
 
 
Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login