26 Feb - 01 Maart Pretoria tot Kruger

March 1, 2012 - Kruger National Park, South Africa

Vanaf Pilansberg is ons Sondagaand Pretoria toe. Joe en Juliana Coetser was so gaaf om ons te nooi om by hulle te oornag aangesien Koos Maandagoggend tandarts toe is by 1 Militere Hospitaal. Die pad vanaf Pilansberg na Pretoria (Murrayfield) was vir my n nagmerrie. Ons het gery op die Platinum Snelweg en die ander padverbruikers ry ongeveer 150 km/u en die volgafstand tussen die voertuie is nie veel meer as n arm lente nie. Hy was Maandagoggend gelukkig vroeg klaar by die tandarts en ons het 0900 in die pad geval Kruger Wildtuin toe. Ons eerste oornag plek was Berg en dal. Ons het 2 nagte hier oornag en ons vriendelike bure was Rikkie en Faan. Ons het nie baie rondgery nie maar nogtans het ons baie diere soos olifante, bokke, renosters, en een krokodil gesien. Ons het ook 2 Bromvoels gesien. Hulle getalle is laag en die afgelope jaar het hulle getalle in die Kruger glad nie vermeerder nie.

29 Feb. Vanoggend het ons weer opgepak en vanaf Berg en Dal na Skukuza gery. Langs die pad het ons olifante, sebras en bokke gesien. Ons het by die Aflaai piekniekterrein ontbyt/middagete gehad en n klein skopsuiltjie in n boom gesien. Hulle word tussen 15 en 18cm groot en hy is so kleintjies dit lyk asof n muis hom kan vang en nie hy die muis nie. Vannaand het ons in die restaurant gaan eet want ons voel taamlik moeg en was nie lus om kos te maak nie. Die eetplek is langs die Sabie-Rivier gelee en ons het die seekoeie in die water dopgehou. Daar het ook 'n krokodil op die rivier oewer gele en 'n trop van 9 olifante het kom water drink. 01 Maart. Vandag het ons piekniek gehou by Panic Lake en het die seekoeie dopgehou wat in die water rondle. Langs die pad was waterbuffels, kameelperde, bokke, krokodille en 2 leeus. Vannaand gaan Koos vir ons 'n lekker rumpsteak braai.


Pictures

IMG_4755
IMG_4765
IMG_4771
IMG_4811
 
 

2 Comments

Schalk Walters:
March 1, 2012
Dit klink alles lekker,geniet dit. Daai Rumpsteak wat gebraai gaan word.......waar kom dit vandaan? hoop nie dit is een van die plaaslike beeste nie !!
Wilna:
March 1, 2012
Schalk, dit is 'n stuk blouwildebees wat 'n leeu agter gelaat het
Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login