01 - 02 Maart 2012 Skukuza en Laer-Sabie

March 2, 2012 - Kruger National Park, South Africa

01 Maart. Dit is vannaand weereens 'n heerlike somersaand. Die weer in die Kruger is heerlik. Dit is warm hier, maar die hitte is verdraagsaam en dit is 'n ander hitte as in die Kaap. Ons het heerlik geeet aan die steak wat Koos murg sag gebraai het en die mushroomsous wat ek gemaak het. Dit is so heerlik hier buite tussen al die naggeluide. Dit is krieke, paddas en nou en dan ook hieannas. Riekkie, vir wie ons by Berg en Dal ontmoet het, het vroeer vannaand ge sms en laat weet dat daar 'n groot olifant regs langs die draad waar ons gekamp het, verby is. 02 Maart. Vanoggend gaan Koos vir die 6de keer die tent afslaan en ons is nou eers halfpad deur ons vakansie. Hier by Skukuza is 'n klomp apies wat amok maak in die kamp. Tussen hulle is 'n klomp babas en hulle is te oulik. Koos het gisteroggend vir hulle gewys wie is baas by hierdie tent en nou vermy hulle ons tent en maak amok by die ander kampeerders se tente en karavane. So 3 dae terug by Berg en Dal het 1 apie ewe kordaat aan my hak kom gryp toe ek heel versigtig verby hulle geloop het!!!! Hulle en bobbejane is regtig die narre van die diere-wereld. Ons het so 10:30 gestop by een van die piekniekplekke vir iets te ete. Ek het stywepap, wors en tamatie-uiesmoor gehad en Koos het 'n kudupasteie met chips en sous gehad en dit alles vir R65. Ons het die apies se manewales sit en dophou. Hulle is so skelm en vinnig en die een kordaat apie is amper weg met ons pak chips wat in die piekniek mandjie was. Hy staan en trippel nogal voor Koos asof hy se "Kom hier is ek, kom vat my aan". Hy en sy trawante het al die oorskiet kos wat toeriste by die opelug restaurant agter gelaat het, gegryp en verorber. Vir die volgende 2 aande slaap ons by Laer-Sabie.

Pictures

IMG_4842
IMG_4844
IMG_4846
IMG_4856
 
 
Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login