05 - 07 Maart - Onder Sabie - Forever Resort Swadi

March 7, 2012 - Kruger National Park, South Africa

05 Maart. Na gister se episode met die olifant, het koos weer vandag 'n onderonsie met 'n skaapskeerder slang gehad. Hy het water by 'n kraan gaan tap en toe val slang uit die bos uit en beland langs hom. Ek weet nie wie die grootste geskrik het nie. Koos of die slang. 06 Maart. Ons het vandag vertrek na Forever Resort Swadini. Net voor die uigang by die Orpen hek, het ons afgekom op 6 jakalsse wat besig was om aan 'n bokkarkas te vreet. Eintlik het 1 gevreet en hy het die ander 5 verjaag wanneer hulle ook probeer van die vleis vreet. Een jakkals het later probeer om 'n aasvoel (daar was sowat 10 aasvoel) te jag of dalk wou hy net speel. Die ander aasvoels het hom gou verjaag. Daar was 3 tipes aasvoels en hulle was sowat 'n meter hoog. Later het die baasspellerige jakkals pad gegee met 'n stuk vleis in sy bek en die ander 5 het haastig begin eet aan die karkas. 07 Maart. Ons het vandag met 'n bootrit gagaan op die Blyderivier in die Blyderivier-canyon. Dit is die wereld se tweede grootste canyon en die wereld se groenste (plantegroei). Dit is ongelooflik om te sien watter berge in die noorde skuil. Ons Kapenaars dink altyd dat die noorde net plat aarde vol doringbome is. Ons het ook Hoedspruit gaan besoek om voorrade aan te koop en vir brandstof. Sover was dit nog die hoogste dieselprys op ons vakansie. (R11-59 per liter). Hoedspruit is baie kleiner as wat ek verwag het. Vandag is die verste punt van ons vakansie. Ons het nou 3332 km gery en van more begin ons suid (terug Kaap toe) beweeg.


Pictures

IMG_4948
IMG_4949
IMG_4963
IMG_4980
 
 
Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login