ROBERTSON: WACKY WINE 08 – 10 JUNIE 2012

June 13, 2012 - Kruger National Park, South Africa

 Die Wacky Wine fees vind jaarliks plaas in en om Robertson.  Hierdie jaar was dit die 10de fees en dit is die 4de een wat ons bywoon.  Die weervoorspelling voorspel baie koue toestande (07 - 16ºC) en ook rëen, maar nogtans besluit ons om te gaan.

 Ons verlaat Bothasig op Vrydag om 09:30 en sluit aan by George en Julia wat vanaf Welgelegen vertrek.  Dit reën heelpad Roberson toe.  By ons aankoms op Skurwekop, het die meeste rëen bedaar en dit gee vir Koos en George kans om ons kampplek in te rig.  Ek en Koos het met die boswa gekom en George en Julia Wait met die karavaan en ons is gepantser met warm elektriese komberse en verwarmers.

Vrydag besoek ons plase wat Van Loveren en Bon Courage insluit.  By Bon Courage geniet ons oesters en pienk vonkelwyn. (die hoogtepunt van die Wacky Wine).. Voordat ons aandete by die Dros gaan eet, kuier ons eers by Klipdrift waar ons, ons ou vriende, Kenny en Wilna White raakloop.

 

Saterdag kuier ons in Bonnievale en Montagu en nuttig ontbyt in Montagu.  Daarna kuier ons by Ashton-Kelder, Rietvallei en ons laaste stop is by Rooiberg.  Saterdag aand braai ons by ons kampplek en ek en Julia kry lekker koud buite by die vuur.

 

Sondagoggend eet ons ontbyt by die Spur, terwyl ons wag vir die tente om droog te word.  Ongeveer 12:30 neem ons die pad terug Kaap toe en dis eerts toe dat ons die sneeu op die berge sien.  Dit was weereens ‘n genotvolle ervaring om Robertson en die omliggende vallei te besoek.

 


Pictures

IMG_1281
IMG_1284
IMG_1297
IMG_1363
 
 
Fuzzy Travel · Next »
Create blog · Login